Local newsNews

Jordaanpark toegansmonitering goed op dreef

Volgens Dr Willem Sprong, Jordaanpark Forum, is die tweede fase van die Jordaanpark Toegangsbeheer Projek amper gefinaliseer.

Vanaf 10 September was die ingang vanaf Uniestraat na Jordaanstraat toegemaak en die gedeelte by Brugstraat permanent gesluit.

Die toegangsmonitering van die woonbuurt kom na maande se stryd en hofsake om dit uiteindelik goedgekeur te kry.

“Die doel is om die voertuie wat Jordaanpark binnekom te monitor en om die buurt veiliger te maak vir inwoners,” het Sprong gesê.

Alhoewel Jordaanpark Forum se ledetal sedert die begin van die projek gegroei het, is meer lede nodig.

“Ons benodig 320 huishoudings om maandeliks vrywillig by te dra om die valhekke te kan opsit en 24/7 te monitor. Tans dra 128 mense by,” het Sprong gesê.

Om aan te sluit by die forum, stuur jou besonderhede aan admin@jordaanpark.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button