Local newsNews

Vroetelmoue sal Altzheimer’s pasiënte help

Die tak se bestuur het hande gevat met hul ere-ondersteuner, Susan van Niekerk, en die maatskaplike werker, Marlene Walkden, om die projek te realiseer.

Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak het onlangs in samewerking met Susan van Niekerk vroetelmoue aan persone met Alzheimer’s by die Suikerbos Aftree-Oord geskenk.

“Die vroetelmouprojek is aangepak as deel van Alzheimer’s maand,” het Frik van Niekerk, voorsitter van die tak, gesê.

“Ons het sowat 43 vroetelmoue aan 20 pasiënte geskenk. Susan, wat net kan beskryf word as ‘n ere-ondersteuner, het die vroetelmoue gebrei.”

Van Niekerk meen dat die vroetelmoue die pasiënte besig hou en keer dat hulle hulself krap of ernstig seermaak.
Marlene Walken, ‘n maatskaplike werker by die oord, het ook skenkings van poppe versoek.

Marlene Walken, maatskaplike werker by die Suikerbos Aftree-Oord, wys die vroetelmoue wat vir Alzheimer’s pasiënte gegee word.

“Die pasiënte neem die poppe aan as kinders,” brei van Niekerk uit oor dié versoek.

“Dit is tragies om te sien hoe die siekte ‘n persoon se persoonlikheid wegruk. Enigiets wat ons kan doen om te help of om hulle uitdagings minder te maak, wil ons graag doen.

“Daarom vra ons vir enige donasies wat kan help,” het van Niekerk afgesluit.

Vir meer inligting oor dié projek of die donasie van poppe, kontak vir van Niekerk by 079 220 5555 of die Suikerbos Aftree Oord by 016 349 5180.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button