Aftree-oord plant 24 bome op Erfenisdag
Nadat die bome geplant is, was die braaivleisvuur aangesteek en inwoners het gesellig gekuier terwyl Erfenisdag en Boomplantdag gevier was.
Die inwoners van Riversands Aftree-oord het op 24 September Erfenisdag gevier op die tradisionele manier deur ’n vleisie op die kole te braai, maar nie voordat hulle 24 bome in die oord geplant het nie.
Ella Jacobs (61) is die voorsitter van die sosiale kommittee by die oord en het tydens ’n vergadering die voorstel gemaak om bome te plant en inwoners vir donasies te vra om die boomplantprojek ‘n werklikheid te maak.
“Ek was baie verras met die bydraes wat ons ontvang het. Bydraes was vrywillig, maar die gemeenskap hier het saam gestaan en ons kon 24 bome aankoop om te plant,” het Jacobs vertel.
Daar was geelhout, wit- en swartkaree, ‘pride of India’, witstinkhout, wilde-olyf en vals olyf-bome geplant.
Nadat die bome geplant is, was die braaivleisvuur aangesteek en inwoners het gesellig gekuier terwyl Erfenisdag en Boomplantdag gevier was.
“Ons is opreg dankbaar teenoor elkeen wat ’n bydra gemaak het en wil almal bedank vir die positiewe reaksie wat ons ontvang het,” het Jacobs gesê.