Local newsNews

Nostalgie stroom in op Erfenisdag by die Heidelberg Great Train Race

Talle mense het by die spoor in Stasiestraat gewag vir die aankoms van veteraan motors, motorfietse en die luukse passasiers trein Rovos Rail.

Die gebrul van veteraanmotors en motorfietse, die druis van vliegtuie en die salige klanke van ’n stoomlokomotief was die hoogtepunt op Erfenisdag in Heidelberg.

Modelle getooi in 1930’s uitrustings het besoekers ingewag.

Wat die jaar ekstra uniek gemaak het, was die deelname van die luukse Rovos Rail stoomlokomotief.

Passasiers het kaartjies in Pretoria gekoop wat ’n ete by die lughawe ingesluit het. Plaaslike braaier Johan Scott het gesorg vir ’n skaap op die spit.

Lisa en Lindie Steyn het Erfenisdag behoorlik gevier met hul uitrustings.

Besoekers het van vroeg op 24 September by Stasiestraat saamgedrom in afwagting vir die geluid van die stoomtrein.

Verskeie kos-stalletjies was beskikbaar vir besoekers om te kies en te keur. Die nuutse karmodelle en Conqueror kampeeerwaens was ook ter uitstalling saam met verskeie ander plaaslike produkte.

Dit was Botho Barei en Aletta Moholo van Fourways se eerste besoek aan Heidelberg.

In 1930 het die Bentley Sportsman Coupe, wat bekend staan as die Speed 6 Bentley, die Franse bloutrein in ’n 750 myl resies gewen.

Die rooi Ferrari Dino sportmotor het koppe laat draai.

Die Heidelberg Great Train Race salueer hierdie historiese oomblik jaarliks op Erfenisdag met ’n konvooi klassieke motors en motorfietse, ’n stoomtrein en veteraanvliegtuie wat harmonies amper gelyk by die Heidelberg Stasie inkom.

Op versoek van die Vintage en Veteran-klub, wie se doelwit dit is om veteraanmotors en motorfietse saam te kry, is Van Zyl Shultz hierdie jaar gevra om die Heidelberg Great Train Race te organiseer.

Unieke motorfietse was ook deel van die Erfenisdag-skouspel.

Na aanleiding van die honderde besoekers by Stasiestraat en al die stalletjies wat daar opgelsaan was, was die dag ’n sukses.

Besoekers van so ver as Houtbaai, Tzaneen en Lichtenburg het kom kyk na die skouspel. Dit is die derde jaar dat Heidelberg die glansgeleentheid aangebied het.

Die aankoms van die Rovos Rail passasierstrein by die spoor in Stasiestraat was een van die hoogtepunte op Erfenisdag.

“Dit is vir die Suikerbosrand en Heidelberg Aviation Association ’n voorreg om erfenis op hierdie uniek manier te vier,” het Schultz gesê.

Gerhard Campher van Tom Campher Motors, een van die oudste Volvo handelaars in Suid-Afrika, het gesê: “Ons is trots om gekoppel te word aan die Heidelberg Great Train Race.”

Veteraanmotors het aan die jaarlikse Heidelberg Great Train Race deelgeneem.

Georginia Clark Crawford, ’n Rovos Rail passasier, het vertel: “Dit is my eerste keer in Heidelberg. Ek het nog nooit so ’n ongelooflike gebeurtenis ervaar nie. Ek bespreek alredds my kaartjie vir volgende jaar.”

Botho Barei, wat studeer om ’n kommersiële vlieënier te word, het gesê: “Dit was ’n wonderlike dag. Ons het ander vlieëniers ontmoet. Ek was oorweldig deur die klassieke motors en hoe goed die dag ge-organiseer was.”

Die konfooi van veteraanmotors en motorfietse het amper gelyk met die luukse passasierstrein Rovos Rail by die stasie aangekom waar talle mense ingewag het om die skouspel te sien.

Die oudste motor was ’n 1915 Model T Ford en die oudste motorfiets was ’n 1909 Durkopp. Daar was ook verskeie Tigermoths wat vanjaar hul 90ste bestaansjaar vier.

Besoekers het ook nie geskroom om aan te pas by die tydsone van die karre nie en was getooi in gepaste uitrustings.

Klassieke nostalgie op Erfenisdag met 235 veteraanmotors wat Heidelberg besoek het.

Schultz het plaaslike maatskappy vir hulle bydrae en borgskappe om hierdie geleentheid moontlik te maak bedank.

‘n Veteraan vliegtuig, die luukse Rovos Rail stoomtrein, saam met veteraan motors en motorfietse was ’n skouspel tydens Heidelberg Great Train Race.
Toeskouers het hulle verstom aan die verskeidenheid veteraanmotors wat in ‘n konfooi verby hulle gery het.
Toeskouers staan in afwagting by die spoor by Stasiestraat saam met die konfooi veteraan karre en motorfieste om te sien hoe die stoomtrein en vliegtuig arriveer.
Regina Viljoen en Karen Roux van Boksburg het ook kom deel in die nostalgie. “Ek was verbaas en verras met al die ou karre,” het Karen gesê. “Dit was pragtig en het my na my jongdae laat verlang,” het Rina vertel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button