Dansers terug op die verhoog
Rene's Art of Dance se dansers het onlangs aan verskeie kunswedstryde deelgeneem.
Rene’s Art of Dance se dansers het onlangs aan verskeie danskompetisies deelgeneem, waaronder die Con Spirito Kunswedstryd, die Dellarte Kunswedstryd en die Talenté Kunswedstryd.
“Ons het tydens die Con Spirito Kunswedstryd 19 deelnemers gehad,” het afrigter René McGeer gesê.
“Hulle het aan altesaam 34 items deelgeneem, waarvan 10 itemwenners was.
“Twaalf van ons dansers was hierna uitgenooi om deel te neem aan die nasionale forte rondte.”

Die uitslae was soos volg:
• Amelia de Beer 97% vir bhangra en 98% vir jive.
• Anzel Vorster Ferreira 90% vir bhangra, 93% vir energie en 90% vir kontemporêr.
• Amber Botha en Anzel Vorster Ferreira het vir ’n duet 90% behaal.
• Logan Lighthelm 94% vir bhangra en 93% vir jazz.
• Alisha van der Walt 90% vir samba.
• Imé Bronkhorst 94% vir energie.
• Abigail Bornmann en Abigail Gabrielli het 100% vir hul hip-hop duet en 97% vir hul kontemporêre duet behaal.
• Marze Coetser, Simone Coetzee, Simone Fourie en René Vogel het 96% vir hul groep dans verower.

“By die Dellarte Kunswedstryd het 19 dansers deelgeneem,” het McGeer gesê.
“Daar was altesaam 40 items, en 11 was itemwenners.
“Tydens die Talenté Kunswedstryd het 12 dansers deelgeneem. Daar was 34 solo items en agt duet items.
“Dit was vreeslik lekker vir die dansers om weer op die verhoog te wees.”




