Local newsNews

Chanel Collen

VF Plus Wyk 11 kandidaat, Chanel Collen.

Chanel Collen (30) woon in Rensburg, Heidelberg, waar sy gebore is en grootgeword het. Sy is tans administratiewe hoof van ‘n behuisingsontwikkelingmaatskappy in Johannesburg en studeer deeltyds regte aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).

Chantel is ‘n geruime tyd by die VF Plus betrokke waar sy tydens verkiesings help. Sy is vasbeslote om ‘n verskil te maak aan diensleweringprobleme in Wyk 11 (Nigel-kleinhoewes, Vischkuil en Endicot) waar grondpaaie nie geskraap word nie, padtekens ontbreek, straatligte nie brand nie en waar infrastruktuur verval.

Chanel glo die party se plaaslike regeringsbeleid bied die nodige oplossings om die verval van die munisipaliteit te stop. Staan op 1 November saam Chanel en die VF Plus op teen die verval van Lesedi en help om die dorp te herstel.

• Hierdie publikasie onderskryf geen spesifieke politieke party of kandidaat nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button