Johan is aktief betrokke by verskillende organisasies waar hy op bestuursvlak dien.
Hy dien op die bestuur van AfriForum en AgriGauteng en is 27 jaar ‘n polisiereservis. Johan is ‘n onderwyser en dien op die Hoër Volkskool in Heidelberg se beheerliggaam (sekuriteit en veiligheid) en is ‘n ouderling in sy gemeente.
Hy is ook ‘n bedrewe skut waar hy in die Oos-Kaap die skole skietspan afgerig het. Johan is ondervoorsitter van die VF Plus Heidelberg-tak waar hy in die politieke arena hom beywer vir die regte van kiesers en dienslewering.
Hy staan in Wyk 12 (Devon) waar dienslewering traag is, swaarvoertuie die paaie beskadig en geen sigbare padtekens is nie.
Inwoners van Lesedi plaaslike munisipaliteit het in die komende munisipale regeringsverkiesings die geleentheid om Johan te ondersteun om saam met die VF Plus op te staan teen die ANC en ‘n party te ondersteun wat die inwoners van Lesedi eerste stel.
• Hierdie publikasie onderskryf geen spesifieke politieke party of kandidaat nie.



