Inwoners van die Lesedi-munisipaliteit (Devon, Bergsig, Overkruin, Heidelberg, Rensburg, Vischkuil) kan nie langer gestraf word vir die wanbestuur van die munisipaliteit wat nie voldoende dienste lewer nie en veroorsaak dat die gebied in duie stort.
Infrastruktuur soos pyplyne, transformators, damme, watersuiweringsaanlegte en waterpompe wat nie in stand gehou word nie, dra by tot die kernprobleem in hierdie verband.
Daar is ‘n algehele tekort aan ingenieurs op munisipale vlak wat lei tot swak beplanning, monitering, implimentering en uitvoering van infrastruktuurprojekte.
Dit is grootliks as gevolg van regstellende aksie wat sodanig toegepas word dat poste slegs gevul word indien die kandidaat van die voorkeur ras aansoek doen, andersins word die pos vakant gelaat. Die VF Plus glo in meriete-aanstellings ongeag velkleur.
Die ANC het oor die jare bewys dat hy nie Lesedi-munisipaliteit kan regeer nie en daarom het die VF Plus konkrete oplossings om die verval te stuit en die munisipaliteit in ‘n rigting te stuur wat tot voordeel van almal is wat hier woon en werk.
Die enigste oplossing vir inwoners van Lesedi is om in die komende verkiesing die onbevoegde ANC by die stembus te straf en te vervang met verantwoordelike en korrupsievrye bestuur waarvan die VF Plus deel moet wees.
• Hierdie publikasie onderskryf geen spesifieke politieke party of kandidaat nie.



