Local newsNews

Ounie Coetzee

VF Plus Wyk 8 kandidaat, Ounie Coetzee.

Ounie Coetzee is geen nuweling in gemeenskapbetrokkenheid nie. Sy woon al 51 jaar in Heidelberg waar sy aktief betrokke is by die gemeenskappolisiëringsforum waar sy voorsitter van die Rensburg-tak is.

Sy is ook tesourier van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) en administrateur van die Suid-Afrikaans Raad vir Alkohol en Dwelmafhanklikheid waar sy daagliks probeer om ‘n verskil in mense se lewe te maak.

In die politieke arena is sy ‘n VF Plus-taksekretaresse en is gereeld besig om diensleweringprobleme op te los. Sy sal beslis omsien na Wyk 8 (Shalimar Ridge en Rensburg) waar straatligte nie brand nie, paaie onbegaanbaar is, misdaad styg en swaarvoertuie paaie in woongebiede beskadig, bouregulasies verontagsaam word en meer.

Ounie glo aan die VF Plus se beleidsrigting en is van mening dat die chaos by munisipaliteite ten opsigte van dienslewering en bestuur kan slegs opgelos word deur die kundigste persone beskikbaar aan te stel en historiese lojaliteite nie ‘n rol by aanstellings moet speel nie.

• Hierdie publikasie onderskryf geen spesifieke politieke party of kandidaat nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button