Local newsNews

Retha Vogel-du Plessis

VF Plus Wyk 10 kandidaat, Retha Vogel-du Plessis.

Retha Vogel-du Plessis is ‘n inwoner van Heidelberg en ‘n plaaslike sakevrou. Die welstand van mens en dier lê haar baie na aan die hart en sy is tans die voorsitter van Heidelberg se dierebeskermingsvereniging (DBV) en dien ook op die gemeenskappolisiëringsforum vir sektor 3.

Retha het besluit om haar as VF Plus-kandidaat beskikbaar te stel in Wyk 10 (Jamesonpark, Kaydale, Bergsig, Overkruin en Spaarwater) om ‘n verskil te maak in die omstandighede van inwoners se lewens.

Retha is bewus van die swak toestand van paaie, gras wat nie gesny word nie, straatligte wat nie brand nie, padtekens wat nie vervang word nie, ongereelde vullisverwydering en meer.

Sy glo die VF Plus se beleid bied die oplossings vir die diensleweringsprobleme en wanadministrasie waaronder munisipaliteite gebuk gaan.

Retha sal as raadslid toesien dat die munisipaliteit die dienste aan inwoners lewer waarvoor hulle ten duurste betaal, billike belastings en tariewe gehef word en poste gevul word deur kundige en bevoegde amptenare, ongeag velkleur.

Staan saam met die VF Plus en Retha om die verval van Lesedi te stuit.

• Hierdie publikasie onderskryf geen spesifieke politieke party of kandidaat nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button