GALLERY: Stoeiers wys hul staal by kampioenskap
Die stoeiers het hulself goed van hul taak gekwyt.
Stoeiers van die Heidelberg Stoeiklub het vanaf 6 tot 9 Oktober in Pretoria hulself goed van hulle taak gekwyt tydens die Suid-Afrikaanse Jeugkampioenskappe.
Die uitslae was soos volg:
• Lodhan Venter het in die o-15 Vrystyl-afdeling ’n goue medalje verower.
• Brady Smal het ’n silwer medalje in die Kadette Vrystyl-afdeling en silwer in die Presidente Skole Vrystyl-afdeling ingepalm.
• JR Liebenberg spog met ’n sesde plek in die Vrystyl-afdeling vir o-13’s.
• Sean Jansen het vierde plek in die o-13 Vrystyl en Presidente Skole-adelings ingepalm.
• Anthony Botes het ’n sewende plek in die Kadette Vrystyl, asook ’n vyfde plek in die Presidente Skole Vrystyl-afdeling verwerf.
• Christo Dercksen het ’n vyfde plek in die o-9 Vrystyl-afdeling beklink.
• Stian Dercksen het ’n negende plek in die o-10 Vrystyl-afdeling behaal.
• Rassie Hanekom was derde in die o-9 Vrystyl-afdeling.
• Luan Taylor het ’n 10de plek in die o-10 Vrystyl-afdeling behaal.
Die voue stoeiers het ook goed gevaar.
Charlotte Botes (o-15) spog met ’n tweede plek in die Presidente Skole Vrystyl-afdeling en Sharelle Taylor (o-15) behaal ’n derde plek in die Vrystyl-afdeling.













