Local newsNewsSport

Karatekas hou naam hoog by SA’s

Die Tenshinkan Karateklub se Nigel en Balfour studente het onlangs aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem.

Karatekas van die Tenshinkan Karateklub in Nigel en Balfour het onlangs die dorpe se name hoog gehou tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Benoni.

“Ons is baie trots op al ons studente,” het sensei Leon Gagiano gesê.

“Tussen die twee dorpe het ons 60 studente gehad wat deelgeneem het, en elkeen van hulle het uitstekend gedoen al het nie almal van hulle ’n plek verower nie.”

Die karatekas het elkeen aan die kumite en kata kategorieë tydens die kampioenskappe deelgeneem.

Die Balfour karatekas wat deelgeneem het, was Wilandri le Roux, Wilenske Prinsloo, Gideon Venter, Leja-Lee Kraftt, Brussow Kraftt, Dirco Jansen van Niewenhuizen, Eric Hall, Gert Diedericks, Caitlin Willemse, Jaydee van Niewenhuizen, Hendru Meyer, JC Levin le Roux, David Hlahane, Chanelle Herbst, Mieke Cilliers en Diandri Pretorius.

Die karatekas van Balfour het goed gevaar by die SA Kampioenskappe.

Die Nigel karatekas wat aan die kampioenskappe deelgeneem het, was sensei Nathan Helen, Leone Gagiano, Lisandro de Jesus, Fabio de Jesus, Zander Visser, Tyris Starkey, Levi Starkey, Nicolene Lombard, Kaylin Hattingh, Carla Strauss.

Kayla Strauss, Luan Bosch, Jayden Daniels, Jurie Bezuidenhout, Jurgens Bezuidenhout, Jandré Bezuidenhout, Ywanke Engelbrecht, Duanré Jacobs, Ingrid Lombard, Bandile Zwane, Austin Kenny, Natalia Almeida, Lavianca Lombaard, Alexander Holtshauzen, Minette Meintjies, Monique van den Berg, Megan Willemse, Michelle Glen, Marlize van Rooyen, Theunis van Rooyen, Ishaan Prajapati, Luhan Sauer, Ashley Pratt, Jean Jacobs Bloemhof, Dwayne Venter, Shyler Cornish, Nikia Solomon, Giovanni de Nazare, Caleb van Deventer, Illze Pratt, Erika Visagie, Tyrese Pillay, Catharina Nagel, Thato Gebreselassie en Mihret Gibreselassie.

Die karateklub se volgende kampioenskappe sal in Februarie afskop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button