Local newsNews

Treinspore gesteel en beskadig

NCOP se lede het 'n verdagte motor by die spoor gewaar waarna hulle gaan ondersoek instel het.

Nigel Community on Patrol (NCOP) lede het omstreeks 24:00 op 29 November op ’n werf agter die Nigel Begrafplaas aangekom waar treinspore gesteel word.

Die lede het op inligting rakende ‘n verdagte voertuig gereageer.

Beskadigde treinspore asook die voertuig en gereedskap, waaronder hammers en gas-tenks, is op die toneel gevind.

NCOP se lede het gereedskap langs die spoorlyn gevind wat klaarblyklik agter gelaat is.

Dit blyk of die voertuig in die modder vasgesit het, danksy die reën wat die afgelope ruk geval het.

NCOP-lede vermoed dat die spoordiewe die voertuig en hul gereedskap agtergelaat het nadat hulle gevind het dat dit vas sit.

Gedeeltes van die spoor is beskadig deur kwaaddoeners.

Ondanks die weer wat die diewe in hul kwaaddoenery gestuit het, is daar alreeds ‘n groot gedeelte van die spoor wat weg is.

NCOP-lede het bevestig dat hulle die saak by die polisiediens sal gaan aanmeld.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button