Local newsNewsSport

Plaaslike MMA vegter hou Heidelberg se naam hoog

Arno Carstens het deur die loop van die jaar Heidelberg trots gemaak by talle kompetisies.

Die plaaslike MMA deelnemer van Heidelberg, Arno Carstens, het die afgelope paar maande Heidelberg se naam hoog gehou in verskeie MMA toernooie.

Arno is deel van die Klub Ability Academy Martial Arts te Heidelberg, waar Stefan Pretorius hom afrig.

Op 15 en 16 Mei het Arno deelgeneem aan die ADCC Great North Challenge.

Hy het ‘n silwer medalje verower in sy dissipline.

Arno Carstens het goed gevaar by talle kompetisies deur die jaar.

Op 16 Oktober het Arno aan die Grassroots 2 MMA toernooi deelgeneem. Hy het as wenner in die jeug afdeling C-kompetisie weggestap.

Op 21 November het Arno ‘n brons medalje verower by die Pro League se jeugkompetisie en laastens op 28 November het hy silwer by Submission Kings vir seuns o-18 en o-45kg gewigsafdeling ingepalm.

Arno is ‘n Graad Ses leerder aan die Laer Volkskool.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button