Local newsNews

Plaaslike orkes wen gesogte toekenning

Die Vasvat Dansorkes lede is ook trotse inwoners in die area.

Vasvat Dansorkes, wat sy ontstaan in 2017 gehad het, het onlangs ’n Aitsa-musiektoekenning ontvang.

Orkeslid Rudie Grobler se pa, Adam, het met sy eie boereorkes gespog en Johan Duvenhage, wat ook ’n lid is van die orkes is, was voorheen nog een van die musikante in die boereorkes gewees.

Die musiekgogga het danksy sy pa vir Rudie behoorlik gebyt, en hy wou self ’n orkes op die been bring. Saam met Johan het hulle die orkes in 2017 die lig laat sien.

In dieselfde jaar het Martin Viljoen by die orkes aangesluit. Die laaste lid, Koos van Dyk, het eers in 2019 by die groep aangesluit.

Die orkes het klein begin en met harde werk het groter optredes later begin instroom.

Hulle speel hul eie musiek wat hoofsaaklik deur Rudie en Johan gekomponeer word.

Martin Nel is die orkesbestuurder en agent, Rudie (ritme- en leierkitaar), Johan (ritme- en leier kitaar), Martin Viljoen (baskitaar) en Koos (tromme).

Die Vasvat Dansorkes het op 1 Desember die toekenning by die AfriForum Teater in Pretoria in ontvangs geneem..
Die liriese afdeling, waarin hulle die toekenning gewen het, was vir die beste instrumentele liedjie met hulle musiek weergawe van Laat Aand Boogie.

Dit is die derde toekenning wat hulle as ’n musiekgroep ontvang het onder Live Music Band SA se vaandel.
Nel het gesê hulle is trots op wat hulle as ’n orkes tot dusver vermag het.

Hulle het ook die publiek, wie vir hulle gestem het, bedank.

“Ons verstaan mekaar baie goed en luister watter insette die ander lede van die groep het, en die beste sal natuurlik in werking gestel word,” het Nel gemeen.

“Musiek is iets waarmee elke persoon hulself kan vereenselwig. Om te sien hoe die gehoor en mense ons musiek geniet en opspring om te dans, maak ons harte verseker baie bly.”

Die orkes het met die nuutse toekenning ook ’n kontant prys van R10 000 ontvang.

Nel het gesê dat planne in werking is om teen Maart ’n nuwe CD uit te reik.

Hulle musiek is ook op verskeie platforms beskikbaar, waaronder YouTube, Chordify, Amazon en Vonk.

Vanjaar was die orkes nog net vir drie optredes as gevolg van die pandemie bespreek.

Nel het tog verduidelik dat hulle nie te veel kla nie.

“Daar is nog optredes wat bespreek word en ons is dankbaar is vir elke persoon wat ons ondersteun.
“Elke keer wanneer ons in Heidelberg en Nigel optree is die plekke stampvol.”

Die Vasvat Dansorkes lede is ook trotse inwoners in die area.

Koos is ‘n inwoner van Balfour, Martin Viljoen is ‘n Heidelberger en Rudie en Johan is Nigel inwoners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button