Local newsNews

R42 Heidelberg pad vir ‘n tydperg gesluit

Watermassa sorg vir konsternasie.

Swaar reën wat die afgelope tyd in groot dele van Gauteng en ook in Heidelberg geval het, het op 14 Januarie veroorsaak dat ‘n laagwaterbrug op die R42 (Vereeniging pad) oorspoel het.

Dit het glo gevolg nadat ‘n dam se wal in die Sedaven gebied meegegee het.

Die brug waar die water oorgespoel het.

Met die vloedwater wat oor die brug gespoel het, het ‘n vragmotor omgeslaan en sy vrag verloor.

Die bestuurder van die vragmotor het nie enige ernstige beserings opgedoen nie.

Die pad was vir ‘n tydperk gesluit sodat die nodige opruimingswerk gedoen kon word.

‘n Herwinningsvoertuig trek een van die groot spoele, wat die vragmotor vervoer het, uit die water.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button