Local newsNews

Voortrekkers skop die jaar op ’n taai noot af

Tradisies leef voort by Suikerbos Kommando.

Die Suikerbos Kommando het onlangs hulle jaarlikse en tradisionele Waatlemoen Fees gehad en die jaar op ’n positiewe noot begin.

Daar was pret en plesier vir ieder en elk.

Penkoppe, Drawwertjies, Offisiere en ’n ouer of twee het almal deurgeloop onder die waatlemoene.

Suikerbos Kommando het sy ontstaan gehad in Oktober 2010.

Sedertdien groei die Voortrekker Kommando en elke kind wat deel word leer egte waardes en tradisies wat die Voortrekkers van destyds gehad het.

Die kinders begin as Penkoppe vir die seuns en Drawwertjies vir die dogters in laerskool.

Waatlemoengevegte om die Voortrekker tradisie vir die jaar mee af te skop by die Suikerbos Kommando. Foto: Facebook.

Daarna gaan hulle oor na Verkenners en later Offisiere.

Deel van die waardes wat die Voortrekkers leer, handel onder meer oor erfenis, geskiedenis, Afrikanerskap, burgerskap, Christenskap en kultuur.

Suikerbos Kommando is vanjaar in sy 12de bestaansjaar.

Ouers en leerders word aangemoedig en uitgenooi om aan te sluit.

Kontak Dawie de Villiers by 084 600 5765 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button