Afri-Indie benoemings vir plaaslike musiekante
Die Vatvas Dansorkes ontang twee benoemings vir Afri-Indie skouspel.
Die plaaslike Vatvas Dansorkes is weer vir die Afri-Indie musiek toekenning benoem.
Die orkes is vir twee nominasies vir hulle album Kitaar Verlange benoem.
Die eerste nominasie is vir beste instrumentele album en die tweede nominasie is vir die beste tradisionele album.
In 2022 het diƩ gewilde orkes die beste tradisionele album toekenning ontvang.
Die Vatvas Dansorkes lede is almal plaaslike musikante. Martin Viljoen is ‘n Heidelberger, Rudie Grobler en Johan Duvenhage is albei van Nigel en Koos van Dyk is van Balfour afkomstig.

Die groep spog al klaar met verskeie toekennings wat Ghoemas, SATMAS en Aitsa toekennings insluit.
Martin Viljoen is ook benoem as beste musiekvervaardiger op dieselfde geleentheid.
Die Afri-Indie toekennings vind op 4 April in Pretoria se Colosseum Realle plaas.
Om die orkes te bespreek kan Rudie Grobler by 076 071 7011 of Martin Viljoen by 072 435 5014 gekontak word.



