André Schreiber (46) en sy vrou Sonika (43), ‘n welbekende egpaar in die gemeenskap, is op 26 Augustus om ongeveer 18:00 in ‘n motorfietsongeluk oorlede.
Volgens inligting het die ongeluk naby die Midvaal renbaan in Meyerton plaasgevind toe die bestuurder van ‘n Nissan bakkie blykbaar ‘n ander voertuig verbygesteek het.
Die Nissan bakkie het daarna glo in die pad van aankomende verkeer beland en het die Schreiber egpaar se motorfiets van voor getref.
Volgens inligting is die Schreiber egpaar op slag dood.
Die bestuurder van die bakkie is op pad na die hospitaal dood.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




