Local newsLocal sportNewsSport

Plaaslike rugbyklubs skud vere reg vir 2025

Oefeninge vir die jaar skop af,

Heidelberg – Die plaaslike rugbyklubs van Heidelberg en Nigel is besig met voorbereidings vir die 2025 seisoen.
Beide die klubs speel in die kompeterende Valke Merlin Liga.

Die huidige Merlin Liga kampioene Nigel Rugbyklub begin hulle oefeninge op 7 Januarie op die John Vorster Stadion in Nigel.
Nigel se volgende groot rugbydag sal op 1 Maart op die John Vorster Stadion in Nigel plaasvind.

Heidelberg Rugbyklub het in 2024 vir die eerste keer in die Merlin Liga gespeel en het ‘n goeie seisoen agter die blad en waar hulle die ander spanne laat hard werk het in die liga.

Heidelberg se oefeninge begin op 7 Januarie op Hoër Volkskool se velde. Die verskeie oefeninge begin op 18:30 – 20:00.




LEES OOK: Kick cramps to the kerb

LEES OOK: Community service as a gap year may have benefits

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button