HEIDELBERG – Heigel Fotoklub se bekwame fotograwe het hulself in die afgelope jaar oor en oor bewys.
Behalwe vir die uitstaande foto’s wat deur die jaar ingeskryf was het die klub se fotograwe ook die foto’s geneem tydens die Heidelberg se Dorp van Jaar makietie, wat op kykNET uitgesaai was.
Die klub skop die nuwe jaar af met hul eerste vergadering op op 15 Januarie wat by die Eeufees Aftreeoord se Dienssentrum in Nigel plaasvind.
Die voorsitter van Heigel Fotoklub, Francois van Jaarsveld is opgewonde oor die nuwe jaar en nuwe geleenthede, moontlikhede en bevorderings wat gaan plaasvind.
“Ek sien uit na al die topgehalte foto’s was deur ons lede vasgevang gaan word,” het van Jaarsveld gesê.
Behalwe die maandelikse vergaderings word daar ook verskeie uitstappies en opvoedkundige geleenthede vir die jaar beplan.
“Die klub is besig om mooi te groei, en die kwaliteit in die foto’s wys dat die raad wat gegee word ter harte geneem. Ons glo en vertrou dat hierdie jaar meer lede sal bykry en dat almal van mekaar sal kan leer,” het van Jaarsveld bygevoeg.
Die temas vir die jaar is nog nie vasgestel nie en sal mettertyd deurgegee word.
Vir meer inligting, kontak Francois van Jaarsveld by 083 659 9657. Sommige van die lede se uitstekende foto’s verskyn hierby.














