Local newsNews

Zandunay’s Angels bring hoop en hulp

Die nuwe jaar het vol uitdagings begin en skryfbehoeftes, skoolklere, tasse en kospakkies is ‘n groot nood.

HEIDELBERG – Zandunay’s Angels is ‘n klein nie-winsgewende organisasie in Rensburg wat ‘n groot verskil in die gemeenskap maak.

Die organisasie was tydens die Kerstyd weer eens ‘n baken van hoop en het nie net gesorg vir ‘n lekker Kersfees bederf vir die kinders nie, maar het ook kospakkies na verskeie families gestuur tot so ver as Villiers.

Ten spyte van beperkte hulpbronne, het Zandunay’s Angels ‘n onwrikbare toewyding en passie om ‘n betekenisvolle impak te maak.

Hulle is diep gewortel in die gemeenskap van Rensburg, en verstaan die unieke uitdagings en behoeftes van die mense wat hulle dien.


Zandunay’s Angels in Rensburg het seker gemaak kinders kry ‘n geskenk tydens hul Kersete vir minder bevoorregtes.

Hul inisiatiewe wissel van die verskaffing van kos en klere tot skryfbehoeftes vir skoolkindes. Hulle werk onvermoeid om die minderbevoorregtes op te hef, en gaan dikwels bo en behalwe om te verseker dat almal ‘n kans op ‘n beter lewe het.

Zandunay’s Angels se missie is dat selfs die kleinste pogings tot beduidende en blywende verandering kan lei en alhoewel die nuwe jaar reeds vol uitdagings begin het, staan hulle reg om als in hul vermoë te doen om die wat moedeloos is moed te gee en vir die wat honger is ‘n kospakkie te stuur en die wat nie klere het nie, te versorg.

Die stigter, Rienie Botha, het namens Zandunay’s Angels die gemeenskap bedank vir al hul bydraes en ook vir almal ‘n voorspoedige nuwe jaar toegewens.


LEES OOK: Teens invited to play their part in protecting SA’s national parks


“Ons het ‘n nuwe jaar vol uitdagings maar kan dit nie doen sonder gewillige harte wat ons bystaan en help nie.

“Die skole begin en skryfbehoeftes, skoolklere en tasse is ‘n groot nood,” het sy gesê en ook genoem dat hulle tans ‘n swanger vrou help wat tweeling seuntjies verwag einde van Februarie en sy benodig baba produkte waaronder klere, melk en doeke.

Daar is ook nood vir enkelbeddens vir kinders en kospakkies is altyd ‘n groot nood.

Indien die gemeenskap goedere of kosprodukte wil skenk, skakel vir Rienie Botha by 073 656 6343 of Lizette Steyn by 072 120 5436.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button