Local newsNews
Elkana Koor soek ‘n koor afrigter
Belangstellendes moet ervaring in koor afrigting asook musiek hê.
HEIDELBERG – Suikberbos Aftreeoord se Elkana Koor is tans op soek na ‘n nuwe koor afrigter.
Die koorleier kandidaat sal bereid moet wees om Dinsdag middae beskikbaar te wees om die afrigting en leiding van die koor te behartig.
Daar sal ook verwag word van die afrigter om vier Vrydae in die jaar beskikbaar te wees vir konserte wat aangebied sal word.
Belangstellendes, wat ervaring in koor afrigting asook musiek het, kan Marlene Walkden WhatsApp by 079 974 7221 of Maritha Enslin by 082 925 6064.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



