Local newsNews
Dorp van die jaar makietie se wenfoto’s aangewys
Makietie gees was in fotos vasgevang.
HEIDELBERG – As deel van verlede jaar se vieringe om Heidelberg se Dorp van die Jaar titel tydens ‘n reuse makietie te vier, het Kwêla en Heidelberg Hope ‘n foto kompetisie, met die makietie as onderwerp aangebied.
Diegene wat wou deelneem kon foto’s inskryf wat die makietie vasgevang het. Die foto’s is na onpartydige beoordelaars gestuur om die uiteindelike wenners te bepaal.
Die wenner van die makietie foto kompetisie was Ineke Kleingeld. Eugene Viljoen, joernalis van die HERAUT is as die naaswenner aangewys.
Die twee fotograwe het elkeen ‘n kontantprys vir hul wenfoto’s ontvang.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




