Volkskool top presteerder skryf nege onderskeidings los
Die 2024 matrikulante het 'n 99.4% slaagsyfer behaal.
HEIDELBERG – Die Hoër Volkskool se 2024 matrikulante het ‘n 99.4% slaagsyfer behaal. Die skool spog met verskeie leerders wat uitgestaan het in die 2024 matriekklas.
Brandt Huisamen was die presteerder en het nege onderskeidings losgeskryf. Hy gaan aktuele wetenskap aan die Potchefstroom Universiteit studeer.
Hy het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, geskiedenis, fisiese wetenskap, besigheidstudies, rekeningkunde en drama behaal.
Die ander matrikulante wat puik gevaar het is:
• Sewe onderskeidings: Benno Fourie en Géorg Fritz. Benno gaan by Wits Universiteit studeer en Fritz gaan Potchefstroom Universiteit vir die volgende paar jaar sy tuiste maak.
• Ses onderskeidings: Cloé Brink, Marinel Diedericks en Franco Schoeman.
• Vyf onderskeidings: Jordan Jones, Elmien Labuschagne, Meyer Carter, Meyer Theron, Thormando Thornburn en Juané Veldsman.
• Vier onderskeidings: Kay-Lee Baird, Kaylin Botha, Philip Damon, Aninka de Lange, Melissa Greeff, Hester Rossouw, Ilanri van der Westhuizen, Matthew Weltzen en Anke Wiersma.
Drie onderskeidings: Corica Diedericks, Anzelle Doubell, Madeleine du Plessis, Nikita Janse van Rensburg, Janika Everson, Nandelé Faure, Simone Fischer, Kayla Stimie, Jessica Wehmeyer, Tiaan van Niekerk en Giovanni Strydom. Sias Botha, hoof van die Hoër Volkskool het sy tevredenheid uitgespreek met die uitslae.
“Dit is beter as wat ek verwag het. Ek wens elke 2024 matrikulant sterkte toe met hulle toekoms. Een keer ‘n Volkie altyd ‘n Volkie”, het Botha gesê.

























