Local newsLocal sportNewsSport

Nigel Rugbyklub draf nou in die Peregrine Liga uit

‘n Paar vriendskaplike wedstryde sal in Februarie gespeel word vir die spelers om hulle ritme terug te kry.

NIGEL – Die Nigel Rugbyklub skuif vanjaar op na die Peregrine Liga. In die verlede het die klub in die Valke Merlin Liga gewys waartoe hulle in staat was en die eerste en tweede spanne het verskeie Merlin trofeë verower.

Nigel Rugbyklub eerste span is tans die houers van die Valke Merlin trofee, wat hulle in 2024 verower het.

Die bestuur en afrigters van die klub het onlangs die besluit geneem dat Nigel in die 2025 seisoen in die Valke se Peregrine Liga gaan speel.

Allen Chapman, Nigel se eerste span afrigter is opgewonde oor die rigting waarin die klub tans beweeg.

“Ek wil die eerste span hartlik gelukwens vir die goeie vertonings en uitslae wat hulle gedurende die afgelope seisoen behaal het”, het hy gesê.

Nigel Rugby Klub het verlede seisoen ook baie goed gevaar in die nuutgevonde President Beker waar hulle ‘n vierde plek losgespeel het.

In die Merlin Liga het Nigel eerste span nie een wedstryd verloor nie. Met al die goeie vertonings die afgelope paar jaar in die Merlin Liga het die bestuur besluit geneem om na die Peregrine Liga te skuif.

Die Peregrine Liga is die hoogste liga by die Valke. In hierdie liga sal Nigel met die groot klubs soos Vereeniging, Brakpan, Springs en NWU meeding.

“Ons sien uit na die uitdagings en ons glo as ons die meeste van ons spelers kan behou en ons spanne versterk met verdere spelers om sodoende goeie rekenskap van onsself in die liga te kan gee,” het Chapman gesê.


Splers van die Nigel Rugbyklub tydens ‘n oefensessie.

“Ons weet en is bewus dat vanjaar nuwe uitdagings bring met nuwe aanpassings en vooruitsigte van hoe die wedstryde gespeel word en die spoed wat die spelers aanval asook verdedig.

“Ons is egter realisties en besef dit gaan ‘n taai jaar vir ons wees. Dit sal tyd neem om aan te pas en ons wil ‘n goeie platform bou.

“Ons is gewillig om hard te werk sodat ons met die ander spanne kan saamgesels op die telbord,” sê Chapman.

Die klub wil ook bou op die komende seisoen om kompeterend te wees in die Peregrine Liga vir die seisoene wat volg.

“Ons is ‘n baie kleiner gemeenskap en klub teen wat baie van die ander spanne het. Nigel het ook net een hoërskool wat die klub kan voed, maar ons glo ons kan goeie vertonings lewer,” sluit Chapman mee af.


LEES OOK: Bookings for Lifeline’s personal growth course now open


Die afrigting en bestuurspanne van Nigel Rugbyklub is:
• Eerste span: hoofafrigter Allen Chapman, voorspeler afrigter Louis Kruger en agterspeler afrigter Johan Deyzel.

• Tweede span: hoofafrigter Rudi du Toit, voorspeler afrigter Greg de Paiva en agterspeler afrigter Nico Jansen van Vuuren.

• Bestuur: Louis Bezuidenhout (voorsitter), Rudi du Toit (visie voorsitter), Joni Peens (tesourier), Frans Peens (sekretaris), Ivette du Toit (bemarking) en die addisionele lede is Nico Jansen van Vuuren, Percy Jones, Mandy Jones en Marlene Myburgh.

‘n Paar vriendskaplike wedstryde sal in Februarie gespeel word vir die spelers om hulle ritme terug te kry. Nigel Rugbyklub se jaarlikse rugbydag vind op 1 Maart by John Vorster Stadion plaas.

Spelers wat by die klub wil inskakel kan Frans Peens kontak by 073 5583785. Oefeninge is Dinsdae en Donderdae vanaf 19:00.



LEES OOK: Matric results: Good or bad, here are study options to consider

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button