Local newsNews

Heigel Fotoklub wys hul 2024 top fotograwe aan

Die klub se ledetal het gedurende 2024 met sewe lede gegroei.

Lede van die Heigel Fotoklub het op 8 Maart byeen gekom vir die jaarlikse geleentheid waartydens hul fotograwe erkenning vir hul werk ontvang.

Die toekennings was gebaseer op die lede se inskrywings gedurende 2024.

Die voorsitter verslag is ook voorgelê en ‘n nuwe bestuur verkies.

Die ledetal het toegeneem gedurende 2024 met sewe nuwe lede wat by die klub aangesluit het.

Daar was ongeveer 400 foto’s vir die jaar ingeskryf, in die verskillende kategorieë.

“Die Heigel Fotoklub het ‘n wonderlike 2024 beleef met baie mooi foto’s wat vasgevang is, het die voorsitter van die klub, Francois van Jaarsveld tydens die geleentheid gesê.

Ineke Kleinhans en Francois van Jaarsveld.

“Die standaard van die foto’s, wat die lede ingeskryf het, was hoogstaande soos altyd, en ek bedank alle aktiewe lede wat deelneem aan ons klub verrigtinge,” het Van Jaarsveld gesê.

Die fotograaf van die jaar is Dawie de Villiers en opkomende fotograaf Hannelie Jacobs.

Dawie de Villiers, fotograaf van die jaar, word gelukgewens deur Francois van Jaarsveld.

Ander toekennings het gegaan aan:

Marissa Enslin – beste ope afdeling fotograaf; Ineke Kleinhans – beste swart en wit foto: Give a man a lucky, beste portret foto: Mandjie met lemoene, voorsitter toekenning vir uitstaande bydrae gelewer – Kwêla dorp van die jaar eerste prys; Lukas van der Merwe: beste argitektuur foto: Presbiteriaanse Kerk; Nico Smith: beste sport en foto joernalistiek: Doellyn toe; Eugene Viljoen: uitstaande bydrae vir 2024, veelsydigste fotograaf, meeste inskrywings, voorsitter toekenning vir uitstaande bydrae gelewer: Kwêla dorp van die jaar tweede prys; Hannelie Jacobs: beste voorgeskrewe onderwerp: Sonopkoms by Krokodilbrug en beste vordering vir die jaar; Dawie De Villiers: meeste wenfoto’s vir die jaar, meeste salon aannames, hoogste gemiddelde punt, meeste punte, beste natuur foto, beste landskap foto (Wolkrivier) en fotograaf van die jaar.

Marissa Enslin en Francois van Jaarsveld.

Die nuwe bestuur vir 2025 is ook aangewys – Dawie De Villiers (voorsitter), Eugene Viljoen (onder voorsitter), Marissa Enslin (sekretaresse) en Reg van Deventer (finansies).

Heigel Fotoklub vergader elke tweede Woensdag by Eeufeesoord Dienssentrum in Nigel.

Vir meer inligting kontak Dawie de Villiers by 084 600 5765 of Eugene Viljoen by 068 674 2541.

Francois van Jaarsveld het almal verwelkom.
Nicolaas Smith en Francois van Jaarsveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button