GR Landmark en Voere dien die gemeenskap sedert 2010
Voorbedreidings vir die komende Markdag op Saterdag 2 November is in volle swang.
GR Landmark en Voere in Heidelberg, is ‘n onafhanklike koöperasie wat sedert 2010 in bedryf is.
Die besigheid spesialiseer in die verspreiding van veevoer en dieregesondheidsprodukte.
Hulle beskik ook oor ‘n wye reeks hardeware wat enige boer, kontrakteur of nutsman gelukkig sal maak.
Hoof afdelings sluit in besproeiing, grondsluit, tuin en gereedskap, verf-, loodgieter, elektries- en hand gereedskap.
Met Kobus Roux se agtergrond as ingenieur en die feit dat Margie en Kobus (eienaars en huweliksmaats) self boer en dus ook verbruikers is, verstaan hulle die behoeftes van hul kliënte.
“Ons poog om voortdurend goeie pryse te bied en dienslewering, wat deesdae redelik ongekend is, is vir ons ‘n top prioriteit,” het Kobus gesê.
“Ons het vyf trokke op die pad wat daagliks aflewerings doen, en ons diens areas so ver as Christiana, Clarens, Klerksdorp en Secunda.”
GR Landmark en Voere is groot genoeg om goeie pryse met verskaffers te beding en te kompeteer met enige koöperasie groep.
Die feit dat hulle steeds onafhanklik is beteken dat hulle besigheid kan doen soos die eienaars dit beaam.
Gaan loer gerus in by GR Landmark en Voere.
Hulle is druk besig met reeks- en winkel uitbreidings vir die komende markdag op 2 November.
Die markdag is jaarliks ‘n hoogtepunt en beslis nie iets om mis te loop nie.
Stel GR Landmark en Voere tot die proef – hulle verstaan jou behoeftes.



