Die verdagte in die moord op Etienne du Preez en poging tot moord op Flip Minnaar, Jaén-Lee Pyne het op 9 Desember weer in die Heidelberg Landdroshof verskyn.
Die moord en poging tot moord sake is reeds tydens ‘n vorige verskyning tot 13 Januarie 2025 uitgestel.
Jaén-Lee Pyne het op 9 Desember weer verskyn op aanklag van moord, nadat die ontbinde liggaam van ‘n man op 30 Oktober in Arnoldistraat ontdek is.
Dié saak is tot 20 Desember uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek.
Pyne het ook vandag voorgekom vir die saak van aanranding met die opset om te beseer en ‘n klag van opsetlike saakbeskadiging, wat al sedert Januarie 2023 op die hofrol is.
Tydens die hofverskyning het dit aan die lig gekom dat Pyne se aansoek vir staatsregshulp van die hand gewys is. Hy kan teen hierdie besluit appelleer.
Op landdros M Twala se vraag aan Pyne oor hoe hy gaan pleit het Pyne met stilswye gereageer.
Uiteindelik het landdros Twala genoeg gehad en gesê dat hy nie vertragingstaktieke deur die beskuldigde sal duld nie.
Die saak is vir ‘n wyle uitgestel en landdos Twala het dit duidelik gemaak dat hy ’n reguit antwoord van Pyne verwag.
Toe die hofverrigtinge later hervat het, het Pyne aan die hof gesê dat gaan appelleer teen die besluit dat hy nie vir staatsregshulp kwalifiseer nie.
Landdros Twala het dit benadruk dat hy die einde van die saak teen Maart 2025 wil sien.
Hierdie saak is ook to 20 Desember uitgestel en Pyne sal in tot dan in aanhouding bly.
LEES OOK: Pyne hofsake weer uitgestel, wag vir staatsregshulp