Crime

Moordbeskuldigde wag op Hooggeregshof-datum

Pyne is steeds in aanhouding.

Die moordverdagte Jaén-Lee Pyne het op 7 Mei weer in die Heidelberg Landdroshof verskyn.

Pyne staan tereg op ’n aanklag van moord op Etienne du Preez en poging tot moord op Flip Minnaar;’n voorval wat in Julie 2024 in Ueckermannstraat plaasgevind het.

Du Preez (74) het aan sy beserings beswyk, terwyl Minnaar (67) ’n skietwond aan die kop oorleef het.

Pyne staar ook ’n aanklag van moord in die gesig nadat die liggaam van Musa B. Gumede in ’n vlak graf in die voortuin van ’n huis in Arnoldistraat, waar hy destyds gewoon het, gevind is.

Die sake is uitgestel tot 23 Junie, wanneer daar waarskynlik bepaal sal word wanneer Pyne in die hooggeregshof op die verskeie aanklagte teen hom sal verskyn.

Pyne is steeds in aanhouding.

LEES OOK: Pyne applies to remove the magistrate from case

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button