Crime

Heidelberg moordverdagte weer in hof onder streng sekuriteit

Bykans 'n jaar het verloop sedert die skietvoorval wat die dorp geruk het.

Die verdagte in die moord op Ettiene du Preez en poging tot moord op Flip Minnaar, Jaén-Lee Pyne, het vandag (Maandag, 23 Junie) weer in die Heidelberg Landdroshof verskyn.

Die skietvoorval, wat die gemeenskap van Heidelberg geruk het, het op 3 Julie 2024 in Ueckermannstraat, Heidelberg plaasgevind.

Du Preez is noodlottig gewond, terwyl Minnaar, wat in die kop geskiet is, die aanval oorleef het.

Pyne het ook in die hof verskyn in verband met ‘n klag na aanleiding van die ontdekking van Musa Gumede se liggaam. Sy oorskot is ontdek in die voortuin van ‘n woning in Arnoldistraat, waar Pyne vroeër woonagtig was.

Volgens bewerings is Gumede in Februarie 2024 in ‘n vlak graf in dié tuin begrawe, en Pyne is in Oktober 2024 gearresteer.

Die sake rakende Du Preez/Minnaar en Gumede is albei uitgestel tot 25 Julie vir uitsluitsel oor ‘n hofdatum in die Hooggeregshof.

Pyne sal ook op 11 Julie weer in die Heidelberg Landdroshof verskyn in verband met ‘n saak van aanranding en opsetlike saakbeskadiging.

Hierdie saak wat al meer as twee jaar op die hofrol is, is reeds verskeie kere uitgestel weens pogings deur Pyne om die verrigtinge te vertraag.

Dit sluit onder meer die herhaalde verandering van regsverteenwoordigers en ‘n poging om die landdros wat tot dusver die saak hanteer het, te laat verwyder.

Wat tydens vandag (Maandag) se verskyning veral opgemerk is, was die groot hoeveelheid gewapende sekuriteit wat in die hof teenwoordig was.

Dit was die eerste keer sedert Pyne se arrestasie en hofverskynings dat die sekuriteit so opvallend was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button