Heigel Fotoklub wys Julie wenners aan
Persone wat meer oor fotogafie wil leer is welkom om by die klub aan te sluit.
Die Heigel Fotoklub, wat fotograwe van Nigel en Heidelberg insluit, het op 10 Augustus hulle maandelikse vergadering in Nigel gehou.
Tydens die vergadering is die foto’s, wat vir die maand ingeskryf was, bespreek en is die top foto’s vir die maand ook deur ‘n paneel beoordelaars aangewys.
Die wenfoto vir Julie, getiteld Basket with Lemons, is deur die fotograaf Ineke Kleingeld geneem.
Die beste junior foto, getiteld Colours, was deur fotograaf Eugene Viljoen geneem.
Die voorgeskrewe temas vir die res jaar is:
• Augustus: Portretstudies van ‘n persoon (swart en wit)
• September: Voëls in vlug
• Oktober: Straattoneel met bome wat bot
• November: Abstrak.

“Fotografie is ‘n kunsvorm waar ‘n oomblik in tyd vasgevang word om herinneringe vir die toekomstige generasies te bewaar.
“Fotografie word al hoe meer gewild as ‘n stokperdjie asook ‘n beroepsrigting,” het Francois van Jaarsveld van die Heigel Fotoklub gesê.
Hy het ook ‘n uitnodiging gerig belangstellendes om by die klub aan te sluit. Van Jaarsveld kan by 083 659 9657 gekontak word.
Die uitnodiging is vir enigiemand wat meer oor fotografie wil leer, ongeag die tipe kamera of selfoon waaroor die persoon beskik.



