Local newsSport

Plaaslike stoeiers neem deel aan SA Kampioenskappe

Die SA Stoei Kampioenskappe vind vanaf 6 tot 8 Oktober plaas.

Verskeie Heidelberg stoeiers is in die Sedibeng stoeispan ingesluit en gaan vanaf 6 tot 8 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe in Stellenbosch deelneem.

Die Heidelberg stoeiers wat gekies is, is lede van die Heidelberg Stoeiklub.

Hulle is Luan Taylor o11, Stephan van der Westhuizen o13, Petie van der Walt o15, CJ van der Walt o15 en Anthony Botes o17.

Stephan van der Westhuizen (o13).

Daar is ook twee stoeiers van Meyerton, Bernard Benson en Rassie Hanekom, by die span ingesluit. Hulle is van die Souplé Stoeiklub.

Petie van der Walt (o15).

Daar word ‘n beroep op die publiek gedoen vir finansiële bystand om die stoeiers te help om die kampioenskappe te kan bywoon.

CJ van der Walt (o15).

Persone wat hul weg oop sien om te help kan die Heidelberg Stoeiklub kontak by 076 728 1953.

Anthony Botes (o17).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button