Pretorius sal sy staal toon in voorgeveg
Die laaste keer dat die twee vegters teen mekaar te staan gekom het was in 2019.

Heidelberg se MMA vegter, Stefan Pretorius van Ability Academy gaan sy staal op 6 Oktober ten toon stel.
Die geveg word deur Extreme Fighting Championship (EFC) aangebied in Paulshof, Sandton.
Pretorius veg in een van die voorgevegte teen Khulekani Hlongwa. Die geveg gaan in die middelgewig afdeling plaasvind.
Die laaste keer dat die twee vegters teen mekaar te staan gekom het was in 2019 waar Pretorius aan die wenkant was.
Pretorius het Hlongwa in die eerste rondte uitgeslaan.
Tesame het Pretorius en Hlongani 17 gevegte in die EFC kryt, teen verskeie teenstanders, op hul kerfstok.
“Die geveg voel soos ‘n damwal wat dreig om te bars. Tot hede het ons talle goeie gevegte van beide die vegters gesien en dit is nou die tyd in hulle loopbaan om die bul by die horings aan te pak en te wys wat in hulle steek,” het Graeme Catrill promotor van EFC gesê.
Die geveg vind op 6 Oktober plaas.
Die geveg sal ook op DSTV Supersport kanaal 210 en 208 uitgesaai word vanaf 19:00.