Local newsSchools
GALLERY: Volkies sluit die jaar af in asemrowende styl
Volkskool se 2022 matrieks het groot gegaan vir hulle matriek afskeid.

Die Hoër Volkskool matrieks het op 30 September hul matriekafskeid bygewoon in pragtige uitrustings en aandpakke en ‘n genotvolle aand, waarna almal uitgesien het, geniet.
Die matriekafskeid is jaarliks ‘n hoogtepunt op die skool se sosiale kalender en vanjaar was geen uitsondering nie.
‘n Groot aantal belangstellendes het byeengekom om die aankoms van die matrikulante te aanskou.
Asemrowende uitrustings, bykomstighede en voertuie was aan die orde van die dag.
Die voertuie waarmee die paartjies hul opwagting gemaak het gewissel van motorfietse, Harley Davidsons, Volksies, Combis, voertuie van toeka, Porches, Lexus, Mercedes Benz, BMW sport en selfs ‘n trekker.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.