Local newsSport

Hengelaars trek meer as 200 visse uit

Die Balfour Hengelklub het hul Oktober klubkompetisie by Aqua Via langs die Vaaldam geniet.

Sowat 27 lede van die Balfour Hengelklub het op 1 Oktober by Aqua Via langs die Vaaldam aan die klub se maandelike klubkompetisie deelgeneem.

Teen die einde van die dag was daar ‘n totaal van 217 visse uit die water katrol wat ‘n totale gewig van 181.946kg geweeg het.

Van die totale vis was sowat 105 karpe gewees, met ‘n gewig van 121.335kg.

Sonja Brits met die geskenkbewys wat sy ontvang het.

Die uitslae van die kompetisie was soos volg (plekke word van eerste tot derde aangedui):

• Senior mans: Bennie Kriel (16 vis met ‘n gewig van 17.066kg), Frikkie Nel (19 vis met ‘n gewig van 7.890kg) en Lukas Stoltz (16 vis met ‘n gewig van 9.068kg).

• Vroue: Sonja Brits (agt vis met ‘n gewig van 16.507kg), Irma Storbeck (12 vis met ‘n gewig van 8.902kg) en Ingrid Kriel (nege vis met ‘n gewig van 9.774kg).

• Juniors: Jayden Nolte (11 vis met ‘n gewig van 5.834kg), Kallie Kriel (ses vis met ‘n gewig van 5.331kg) en Anthony Muller (een vis met ‘n gewig van 0.479kg).

Bennie Kriel wys sy karp van 4.319kg wat hy uit die water katrol het.

Tydens die kompetisie het Bennie Kriel ook die swaarste karp (4.319kg), swaarste graskarp (0.344kg) en swaarste moddervis (1.416kg) uit die water katrol.

Koos Erasmus het die swaarste baber (0.535kg) uit die water getrek en Ettienne Coetzer het die swaarste geelvis (1.044kg) gevang.

Hennie en Sonja Brits het die swaarste sak karpe van die dag gevang (ses karpe met ‘n totale gewig van 15.315kg). Brits het hiermee saam ‘n geskenkbewys van R400 by die eienaars van die oord ontvang.

Kallie Kriel glimlag breed terwyl hy een van sy karpe wys.

Die Balfour Hengelklub se volgende kompetisie sal op 5 November by Cilliers plaasvind.

Vir meer inligting oor die klub of om aan te sluit, kontak Lukas Stoltz by 084 757 6058 of Jaco van der Merwe by 066 157 7848.

Sonja Brits wys die 4.309kg karp wat sy uit die water katrol het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button