Local newsSport

Wynand is Sunfield se trots

Wynand Swanepoel is in die span om in 2023 aan die Spesiale Olimpiese Wêreld Spele in Berlyn, Duitsland te gaan deelneem.

Sunfield Home Fortuna wat omsien na verstandelike en fisies gestremde inwoners het vier inwoners ingeskryf vir die Suid- Afrikaanse Spesiale Olimpiese Spele.

Die spele het vanaf 17-19 November in Polokwane plaasgevind.

Die spelers van Sunfield het aan die Bocca Bal spel deelgeneem.

Wynand Swanepoel het uitgestaan en ‘n goue medalje gewen, Pieter Abrahams en Nthombifuthi Mpinga het albei ‘n vierde plek los gerol.

Na die afloop van die spele is ‘n Suid-Afrikaanse span aangewys om in 2023 aan die Spesiale Olimpiese Wêreldspele in Berlyn, Duitsland, te gaan deelneem.

Wynand is in die uitgesoekte groep opgeneem.

Sunfield Home Fortuna se bestuurder Brenda Gouws was verheug oor die nuus.

“Ons is baie trots op almal wat deelgeneem het. Wynand se goud is net ‘n kersie op die koek,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button