Kersklanke lei die feesseisoen in
'n Groot gehoor het waardering vir die aanbieding gehad.
Die gemeenskap van Heidelberg het op 1 Desember bymekaar gekom om Kersklanke te geniet.
Die Kersfeesseisoen is verwelkom met verskeie kunstenaars en koorlede wat die gemeenskap op gepaste wyse vermaak het.

Die program het op Hoër Volkskool se rugbyveld afgespeel.

Vanaf vroegaand het die gemeenskap ingestroom en die pawiljoen volgepak.
Volkskool se hoof, Sias Botha het almal verwelkom.

“Die verskeie kunstenaars het hard gewerk om die program ‘n sukses te maak.
“Ons wou in 2021 ons eerste Kersklanke aan die gemeenskap bring maar as gevolg van omstandighede en weer was die program in die wiele gery,” het Botha gesê.

Van die kunstenaars wat deelgeneem het was Trio en Heidelberg Ensemble, Liané Grundling, Elmarie Grobler, Lizé Labuschagne, Carla Benadé, hoër en laerskool koorlede, Isabel Kruger, Elmarie Grobler, Sarita Sprong, Danelle Odendaal, Leonie Labuschagne, Lynessa Grobler, Loné Dalhouzie, Siewert Alkema, Angelique Alkema en die Flow Dance Studio se ‘snowflake’ balletgroep.

Botha het afgesluit met die boodskap, “Ek wens elkeen ‘n wonderlike Kersfees toe en hoop dat 2023 die beste jaar met voorspoed vir almal sal wees.”










