Local news

SAWV Suikerbos-eenheid help om die nood te verlig

Die kospakkies sal beslis verliging bring.

Op ‘n reënerige en nat 13 Desember het SA Weermag Veterane Vereeniging se Suikerbos-eenheid uitgereik en nege gemeenskapslede met kospakkies gehelp.

Frik van Niekerk, waarnemende voorsitter van die Suikerbos-eenheid het gevoel dat daar ’n behoefte is om te help met die kospakkies.

Pieter Booysen (voorsitter) en Willem Pretorius (Kapelaan) van Bokmakierie-Eenheid in Vanderbijlpark het van Niekerk kom ondersteun met die skenking.

Die kospakkies, wat verskeie vars geplukte groente insluit het, is aan Rosemary Duncan oorhandig.

Willem Pretorius, Pieter Booysen, Frik van Niekerk, Rosemarie Duncan, Jackie Herholdt en At Koster.

Duncan voorsien slaapplek en etes aan hawelose persone teen ‘n geringe bedrag. Sy kry geen hulp van enige ander organisasie nie en doen alles haarself.

“Die kos is baie welkom en sal goed aangewend word om honger mae te vul,” het Duncan gesê.

Van Niekerk het gesê, “Ons almal sukkel daagliks en die gebaar om kos aan Duncan te voorsien is die minste wat ons kan doen. In Januarie gaan die Suikerbos-eenheid ‘n spesiale vergadering hou om ‘n nuwe voorsitter van die tak te kies.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button