Local newsSport

Titel wink vir plaasike vegter

Ability Academy se Lelanie de Wet is besig met voorbereiding vir die titelgeveg.

Lelanie de Wet van Ability Academy in Heidelberg gaan op 3 Maart aan die vroue veergewig No GI titelgeveg deelneem.

Lelani gaan teen Hannah Jade te staan kom.

Die geveg, wat in Edenvale sal plaasvind, is deel van die Submission Kings en Queens toernooie.

Lelanie is reeds vir die afgelope 10 maande ‘n lid van die Ability Academy. Haar spesialisgreep is die ‘rear naked choke’.

Dit is ‘n greep waar ‘n teenstander se nek van af agter af beetgekry en vasgehou word, totdat die persoon opgee.
“Dis ‘n baie groot geleentheid vir Lelanie,” sê Stefan Pretorius, afrigter en mentor by Ability Academy.

“Sy gaan al haar energie, kennis en uithouvermoë insit om reg te wees vir die geveg.

“Saam werk ons hard om Lelanie reg te kry om die botoon te voer en die titel Ability Academy toe te bring,” het Pretorius gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button