Local newsSport

Harde werk lei tot swart belt

Stefan Pretorius het nou sy swart belt in skop boks sowel as Brazilian Jiu-Jitsu.

Ability Academy se Stefan Pretorius is op 2 Februarie opgegradeer na ‘n swart gordel in Braziliaanse jiu-jitsu.
Pretorius het sy swart gordel ontvang by die Rio Grappling, Springs-tak.

Rio Grappling as ‘n sport word internasionaal beoefen.

Roberto Atalla wat die Rio Grappling beweging begin het, het Pretorius gegradeer, terwyl sy eie afrigter, Jurgen Putter byderhand was vir die groot geleentheid.

Pretorius het nou sy swart gordel in skopboks sowel as Braziliaanse jiu-jitsu.

Sebastiaan Ferreira en Stefan Pretorius.

“Die paadjie wat ek gestap het was nie maklik nie maar met uithouvermoë en harde werk is ek bly om die eer te kon kry om hierdie swart gordel te kon verwerf,” het Pretorius gesê.

Met die swart gordel wat Pretorius ontvang het, skuif hy ook op in die internasionale vlak en word erken vir hierdie kwalifikasie regoor die wêreld.

Tesame met Pretorius se gradering is nog een van Ability Academy se studente, Sebastiaan Ferreira na ‘n blou gordel opgegradeer.

Vir meer inligting oor Ability Academy kontak Stefan Pretorius by 084 815 0410.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button