Local newsSport

Berge laat hule teenstanders hard werk

Berge skaaf hulself reg.

Heidelberg Rugbyklub het op 25 Februarie deelgeneem aan ‘n rugbydag van die Springs Rugbyklub, ter viering van dié klub se 100ste bestaansjaar.

Heidelberg se eerstes het teen Northam 3 te staan gekom in die tweede wedstryd van die dag.

Northam3 het die wedstryd met 46-26 gewen. Heidelberg het teen halftyd met 14–12 voorgeloop.

Die eindtelling gee egter nie ‘n goeie weergawe van die wedstryd nie.

In die eerste helfte het Northam vinnig 12-0 voorgeloop maar Berge het terug geslaan en self twee drieë gedruk wat vervyf was.

Roaan Viljoen druk sy drie teen Northam.

In die tweede helfte het Northam se skrum behoorlik vlam gevat en dit het die agterlyn aangesteek waar Northam vier drieë gedruk het.

Heidelberg het met ‘n verdere twee drieë geantwoord.

Die wedstryd was baie gelykop met die groot verskil dat Northam se skrum deurslaggewend was.

Northam het ses drieë en vier vervyfskoppe aangeteken teenoor Heidelberg se vier drieë en drie vervyfskoppe.
Daar was 20 skrums in die wedstryd, waar die meeste skrums toegeken was weens hanteerfoute wat aanslane insluit.

Lynstaanspel tussen Heidelberg en Northam.

Twaalf lynstane was beslis in die wedstryd. Daar was altesaam 10 strafskoppe en drie vryskoppe in die wedstryd.
Elke span het ook een geelkaart elk ontvang.

Heidelberg het die hele wedstryd in goeie gees gespeel en tot die eindfluitjie geblaas het hulle alles gegee.

Heidelberg se punte was soos volg aangeteken:

Drieë: Roaan Viljoen, Bongi Ntuli, Jason Oberholzer en Danie Gerber. Vervyfskoppe Roaan Viljoen (3)

Bongi Ntuli gaan oor om sy drie te druk teen Northam.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button