Heigel Fotoklub wys hul Maart wenners aan
Fotos deur Heigel Fotoklub se fotograwe ingestuur.
Die Heigel Fotoklub het op 8 Maart hulle fotoklub vergadering gehou.
Die klub, wat fotograwe van die Heidelberg en Nigel omgewing insluit, kom elke tweede Woensdag van die maand bymekaar.
Tydens die byeenkomste word die foto’s, wat vir die maandelikse kompetisies ingeskryf word, bespreek en die top foto’s in verskeie kategorieë word deur ‘n paneel beoordelaars aangewys.
Maartmaand se tema was sport.
Die temafoto wenner was Muddy Princess obstacle deur Nicolaas Smith.
Die wenfoto vir Maart was Kokerbome deur Carin du Preez en die beste junior foto getiteld Hier kom ek, is deur Andrew Watts geneem.

Fotograaf Carin du Preez is aangewys as Heigel Fotoklub se Impala Trofee wenner vir 2022.
Die temas vir die res van 2023 is:
April – kos (in kleur), Mei – close up geitjie (in kleur), Junie – portret van ‘n mens (in swart en wit), Julie – voël in vlug (in kleur), Augustus – erosie (in kleur), September- tafelblad (in kleur), Oktober – lelie (in kleur) en November – sonsondergang/opkoms (in kleur).
“Fotografie is ‘n kunsvorm waar ‘n oomblik in tyd vasgevang word om herinneringe vir die toekomstige geslagte te bewaar,” het Francios van Jaarsveld van die Heigel Fotoklub gesê.

Van Jaarsveld het die publiek uitgenooi om by die klub aan te sluit.
“Die uitnodiging is vir enigiemand wat meer oor fotografie wil leer, ongeag die tipe kamera of selfoon waaroor die persoon beskik.”
Van Jaarsveld kan by 083 659 9657 gekontak word.



