Geliefde suster van Suikerbosoord gaan nou rus
'n Nuwe hoofstuk in Hannetjie Marais se lewe lê voor.
Die Suikerbosoord het onlangs afskeid geneem van hulle geliefde suster Hannetjie Marais.
Hannetjie was vir 15 jaar werksaam by die Suikerbosoord, waar sy die meeste van haar tyd aan die Silwer Akker eenheid gewy het.
Tydens die afskeidsgeleentheid het verskeie personeellede hulde aan Hannetjie gebring.

“Versorging van die bejaardes is uiters belangrik. Hannetjie is ‘n baie nederige persoon en het altyd haar pasiënte eerste gestel,” het ds Kobus Rossouw gesê.
“Ek ken Hannetjie al van die 1980’s af toe sy my ma in Bloemfontein versorg het. Hannetjie het nie afgewyk in hoe sy mense behandel van die eerste keer wat ek haar ontmoet tot nou toe nie.”

Jannie Kotze, Suikerbosoord se bestuurder, het gesê: “Die merkwaardige vrou het baie vir Silwer Akker beteken, en het altyd 100 persent vir die oord gegee. Sy was verseker ‘n vriend vir elkeen met wie sy in aanraking gekom het. Hannetjie het ‘n sagte hart wat saam met ferm optrede gegaan het.
Hannetjie het op haar beurt gesê, “Ek is baie hartseer om te gaan, maar dit is tyd om ‘n nuwe hoofstuk in my lewe aan te pak en daarvoor sien ek kans.”

Marlene Walkden, maatskaplike werker, ter afsluiting gesê dat Hannetjie het soveel energie gehad was sy gedeel het. “Ons gaan dit verseker baie mis.”

Hannetie se dogter, Christa Engelbrecht, het gesê dat dit tyd is dat haar ma die tuig neerlê en doen wat sy altyd wou doen.
“Sy gaan nou eers vir haar susters in Kimberley se kontrei kuier. Dan later ook vir haar broer in Bethlehem en sy beplan om in September die blommetoer mee te maak,” het Christa gesê.







