Die Heigel Fotoklub het hul maandelikse vergadering op 12 April gehou.
Die klub sluit fotograwe van Heidelberg sowel as Nigel en omgewing in.
Tydens die vergaderings word die foto’s, wat deur die maand aanlyn ingeskryf word, bespreek en raad word aan die fotograwe gegee om tegnieke te verbeter.
Die top foto’s word ook tydens die vergadering aangewys.
Die wenfoto’s vir April is:
Andrew Watts het April se voorgeskrewe onderwerp, kos fotografie, met sy foto Chicken Strips gewen.

Die algehele fotowenner was Malgas vlug deur Dawie de Villiers.
Die beste junior fotowenner is Sonbad deur Lukas van der Merwe.
Die temas vir die res van die jaar is: Mei: Foto’s van naby (makro), Geitjie (kleur), Junie: Potretstudie (swart en wit), Julie: Voël in vlug (kleur), Augustus: Erosie (kleur), September: tafelblad en stillewe (kleur), Oktober: Lelie (kleur) en November: Sonsondergang/ Opkoms (kleur).
Die volgende vergadering is op 10 Mei.
Belangstellendes kan die voorsitter van die Heigel Fotoklub, Francois van Jaarsveld by 083 659 9657 kontak.




