Local news

Vories besoek Suikerbos Aftreeoord

Voortrekkers begin die tweede kwartaal op 'n drafstap.

Die Suikerbos Voortrekkers het die tweede kwartaal op 18 April afgeskop toe hulle paaseiers aan die inwoners van die Suikerbos Aftreeoord oorhandig het.

Die Voortrekkers is daar vir enige laer- of hoƫrskool leerder wat wil aansluit. Hulle kom elke Dinsdag by die Gereformeerde Kerk bymekaar.

Verskeie kampe word onder meer deur die jaar aangebied, waar vaardighede aangeleer word.

Vir meer inligting kontak Dawie de Villiers by 084 600 5765.

‘n Suikeros Aftreeoord inwoner, Michael Botha, was ingenome met die Voortrekkers se besoek.
Richard Warrington saam met sommige van die Voortrekkers.
‘n Groepie van die jonger Suikerbos Voortrekkers wat die oord besoek het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button