Die maandelikse vergadering van die Heigel Fotoklub is op 10 Mei in Nigel gehou, waartydens die Mei-maand wenners aangewys is.
Tydens die vergaderings word foto’s wat deur die maand aanlyn ingeskryf word, bespreek en fotograwe ontvang wenke oor hoe om hul tegnieke en foto’s te verbeter.
Die top foto’s word ook aangewys.
Mei se wenfoto vir die voorgeskrewe onderwerp was Geitjies en Akkedisse.
Annetjie Smith se foto Three Lizzards in a row was die wenfoto.
Ineke Kleingeld se foto Louisiana Iris is as die algehele wenfoto genomineer.
Eugene Viljoen se foto Music in my soul is as junior wenfoto aangewys.
Die temas vir die res van die jaar is Junie (portretstudie swart en wit), Julie (voël in vlug kleur), Augustus (erosie kleur), September (tafelblad en stil lewe kleur), Oktober (lelie kleur) en November (sonsondergang/opkoms kleur).
Die volgende fotoklub vergadering is op 14 Junie.
“Dit is verblydend om te sien dat ons meer lede bykry,” het die voorsitter van die klub, Francois van Jaarsveld, gesê.
Persone wat by die klub wil aansluit kan Francois by 083 659 9657 kontak.