Local newsSport

Balfour Hengelaars vang goed by maandelikse kompetisie

Die klub se lede het die maandelikse kompetisie langs die Vaaldam geniet.

Sowat 19 lede van die Balfour Hengelklub het op 6 Mei aan die klub se maandelikse kompetisie deelgeneem.

Die kompetisie was by Riviera langs die Vaaldam gehou.

Tydens die kompetisie het die lede altesaam 110 visse uit die water katrol wat ‘n totale gewig van 58.997kg gehad het.

Die wenners tydens die kompetisie was soos volg (plekke word van eerste tot derde aangedui):

• Senior mans:

Dirk Roos het ‘n totaal van 19 vis uit die water katrol met ‘n totale gewig van 12.181kg.
Bennie Kriel het ook 19 vis uit die water katrol met ‘n gewig van 8.287kg.
Lukas Stoltz het 13 vis gevang met ‘n totale gewig van 7.916kg.

• Vroue wenners:

Darrell Roos het ‘n totaal van nege vis (4.822kg) uit die water katrol.
Sonja Brits het op die dag vier visse gevang met ‘n totale gewig van 1.041kg.
Ingrid Kriel het ook vier visse (1.004kg) op die dag gevang.

• Junior wenners:

Kallie Kriel het vyf visse uit die water getrek met ‘n totale gewig van 3.083kg.

Tydens die dag se kompetisie het die volgende lede ook die swaarste visse van die dag gevang:

Deidre Nel het die swaarste karp (1.712kg) gevang.

Dirk Roos het die swaarste graskarp (3.751kg) uit die water katrol.

Frikkie Nel het die swaarste moddervis (1.019kg) gevang.

Bennie Kriel het die swaarste baber (0.350kg) gevang.

Jaco Nel het die swaarste geelvis (0.665kg) gevang.

Die klub se volgende kompetisie sal op 10 Junie by Klein Rosslee langs die Vaaldam gehou word.

Vir meer inligting, kontak Stoltz by 084 757 6058 of vir Bennie Kriel by 079 888 6052.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button