Local newsSport
Volkie skeidsregter gaan Rhinoweek toe
Hy spits hom egter nou meer toe op sy pligte as skeidsregter.
Hoër Volkskool matrikulant Handerik Deyzel is ‘n skeidsregter verbonde aan die Valke Skeidsregtersvereeniging.
Deyzel is gekies om tydens die komende Rhinoweek op te tree.
Hy is ‘n Valke liga-drie skeidsregter wat ook ‘n rugby- en krieketspeler is.
Hy spits hom egter nou meer toe op sy pligte as skeidsregter, nadat hy ‘n besering op die rugbyveld opgedoen het.
Die Rhinoweek gaan op die VUT Izak Deyzel stadion vanaf 28 Junie tot 1 Julie plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




