Dorp se ryk geskiedenis op die voorgrond by jeugdag vieringe
Die Suikerbos Voortrekker Kommando en Heidelberg Heritage Association het op Jeugdag, 16 Junie, hande gevat by die area wat deel van die konsentrasiekampe was gedurende die Tweede Anglo-Boereoorlog.
Tony Burisch van die Heidelberg Heritage Assosiasie het ook die blou plaatjie vir erfenis aan die konsentrasiekamp toegeken.
Die Suikerbos Kommando, onder leiding van Dawie de Villiers het ‘n seremonie by die kamp waargeneem.
Dit het onder andere bestaan uit ‘n vlagseremonie en blommelegging.

Die konsentrasiekampe het tot stand gekom gedurende die Tweede Anglo-Boereoorlog, om families te huisves wat deur die Britse regering gedwing was om hul plase te verlaat. Dit was die verskroeide aarde beleid genoem.
Die konsentrasiekampe was op die plaas Klippoortjie gestig.
Die families was gedwing om by tye in haglike omstandighede te lewe, en daar was baie siektes en min mediese hulp.

Daar was ook nie genoeg tente vir die nuwe inwoners gewees nie.
Kos was min gewees en die persone in die konsentrasiekampe moes self sien as hulle nie kos gekry het nie.
Volgens verskeie geskrewe stukke was die konsentrasiekampe opgerig in 1900.
In die oorspronklike kamp in 1901 was daar meer as 1 200 mense. Daarna het dit verminder tot 1 000 tot die einde van die Anglo-Boereoorlog.

In die begin het die ouers het self hulle kinders klas gegee.
Soos die tyd aangestap het, het ‘n skool die lig gesien, en in 1901 was daar sewe onderwysers en 300 kinders in die skool.
In Heidelberg was daar drie konsentrasiekampe gewees.
Die een was geleë waar die weermagbasis vandag staan, die tweede een net agter die Heidelberg Winkelsentrum en ‘n derde een was aan die suid westelike kant van Heidelberg.

Daar word verstaan dat daar oor die 500 sterftes in Heidelberg se konsentrasiekampe, waarvan die meerderheid kinders was.
Die konsentrasiekampe was ook opgedeel in blank een nie-blanke kampe.
Volgens geskiedenis inskrywings was die kampe op 25 Oktober 1902 opgeskort.

Die bestuurder wat in beheer van die konsentrasiekampe was en ook ‘n inwoner van Heidelberg, Luitenant Arnold Allison.
Allison het met ‘n boervrou in die eg verbind.

‘n Gedenkteken by die area waar die konsentrasiekamp opgerig was op op 4 Mei 2001 was deur M Gungubele onthul.
Met die afsluit van die seremonie het die Voortrekkers elkeen ook ‘n roos op die gestorwenes se grafte geplaas.




